Bellpark Skoollied

Luister na ons skoollied hier:

Listen to our School Anthem:

Oorskadu deur ou Tafelberg,

Aan ons mooi stad se rand –

Staan fier en trots ‘n skool so mooi;

‘n Sieraad vir ons land.

Met kennis word ons Jeug verryk,

Niks sal dit ooit kan skaad.

‘n Mooi gesindheid opgebou.

Wat staan in woord en daad!

Bellpark, Bellpark!

Die trots van ons as jeug;

Bellpark, Bellpark!

Oor jou sing ons verheug –

Jou grote faam en goeie naam

is ver en wyd bekend,

Bellpark, Bellpark!

Ons sal jou naam nooit skend.